SARS het drie maatskappye aangestel om agterstallige belastings in te vorder. Die skuldinvorderaars is CSS Credit Solutions, NDS Credit Management en Lekgotla Trifecta Capital Consortium. Daar is egter ook skyninvorderaars wat baie vinnig op die toneel verskyn het, wat belastingbetalers kontak en wat aandring op betaling na hul genomineerde bankrekeninge toe.
SARS maak die volgende aanbevelings-
- Verwys alle navrae na SARS se Kontaksentrum op 0800 00 7277 (0800 00 SARS)
- Enige optrede wat vreemd of agterdogtig voorkom moet aangemeld word by SARS se Teenkorrupsie en Bedroglyn op 0800 00 2870
- Alle betalings vir inkomstebelasting, BTW of heffings kan slegs direk in SARS se amptelike bankrekeninge inbetaal word
- Geen geld moet enigsins aan skuldinvorderaars of aangewese SARS beamptes oorbetaal word nie. Inteendeel, enige invorderaar wat vra dat geld direk aan hulle oorbetaal moet word, moet onmiddelik aan SARS rapporteer word.