Doen Aansoek: Maatskappy Sekretariële Beampte

BGR De Villiers Ing soek na ‘n maatskappy sekretariële beampte om by hul dinamiese span aan te sluit.  Die aansoeker moet goeie organisatoriese en kommunikasievaardighede hê, moet energiek wees, met uitstekende administratiewe vaardighede.

Verantwoordelikhede:

  • Verantwoordelik vir maatskappy sekretariële pligte;
  • Maatskappy oprigtings, herstrukterings en verwante transaksies;
  • Onderhoud van die kliënt maatskappy sekretariële rekords;
  • Direkte korrespondensie met CIPC;
  • Indien van dokumente by CIPC en betaal van jaarlikse registrasie fooie;
  • Nakoming aan die Wet op Maatskappye;
  • Voorsien ondersteuning aan die direkteure van die Maatskappy.

Eienskappe:

  • Uitstekende menseverhoudinge
  • Werk goed onafhanklik en onder druk
  • Gee aandag aan detail
  • Goeie syfervaardigheid

 Vereiste kwalifikasies en ondervinding:

  • Matriek / Graad 12 (relevante rekeningkundige kwalifikasie sal voordelig wees)
  • 3 jaar se ondervinding in die maatskappy sekretariële funksies, verkieslik in ‘n ouditeursfirma of soortgelyke omgewing
  • Uitstekende geskrewe en verbale kommunikasievaardighede
  • Uitstekende rekenaarvaardighede, insluitend Word, Excel en Outlook
  • Ervaring in Greatsoft/(E-sec) sal tot u voordeel wees
  • Kennis van die Wet op Maatskappye
  • Kennis van CIPC prosedures

Indien jy ten volle tweetalig is in Afrikaans en Engels en voldoen aan die vereiste kwalifikasies, stuur asseblief jou CV na marelise@bgr.co.za.

Indien jy geen terugvoering ontvang binne twee weke nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.