Werknemer: Jou nuwe regte op Vaderskap en Ouerlike verlof

Die begrip van “kraamverlof” is reeds vir baie jare deel van ons regstelsel, en is nou onlangs uitgebrei om werknemers anders as moeders in te sluit. Die lang reis na hierdie welkome ontwikkeling is deur vertragings en verwarring oor die implementering van nuwe wetgewing wat die onderwerp aanspreek, ontsier.

Gedurende die afgelope jaar het werkgewers en werknemers hul koppe gekrap oor vrae soos hierdie: Wanneer sal vaders en selfdegeslag lewensmaats/gades op ouerlike verlof geregtig wees? Wat van aannemende ouers en opdraggewende ouers in ‘n surrogaat-moederskapsooreenkoms? Is daar ‘n reg op betaalde verlof, of slegs op onbetaalde verlof? Indien dit onbetaalde verlof is, kan werknemers van die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF) eis? Indien wel, wat kan geëis word?

Nou het ons die antwoorde. Lees gerus verder vir die besonderhede.

People who say they sleep like a baby usually don’t have one” (Sielkundige Leo J Burke)

‘n Jaar van vertraging en verwarring oor wanneer die nuwe veranderinge in werking gaan tree, het reeds verloop. Gelukkig het jou uitgebreide regte tot ouerlike verlof en op ‘n eis teen die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF) nou uiteindelik ten volle in werking getree.

Hier volg ‘n oorsig van die bepalings –

  • Nuwe moeders is steeds geregtig op vier agtereenvolgende maande se kraamverlof.
  • Nuwe “ouers” (wat vaders en selfdegeslag lewensmaats/gades insluit) is geregtig op 10 agtereenvolgende dae se “ouerlike verlof”.
  • ‘n Aannemende ouer van ‘n kind onder die ouderdom van twee jaar is geregtig op 10 agtereenvolgende weke se aannemingsverlof. In die geval waar daar twee aannemende ouers is, is die ander ouer slegs geregtig op die 10 agtereenvolgende dae se “ouerlike verlof” (die twee aannemende ouers moet onderling ooreenkom oor wie die 10 weke en wie die 10 dae verlof gaan neem).
  • Opdraggewende ouers in ‘n surrogaat-moederskapsooreenkoms is op dieselfde verlof as aannemende ouers geregtig.
  • Die reg verplig nie jou werkgewer om vir jou betaalde verlof te gee nie – ingevolge die bogenoemde is jy slegs geregtig op onbetaalde Indien jou dienskontrak dus nie bepaal dat jy op betaalde verlof geregtig is nie, sal jy beperk wees tot ‘n eis teen die WVF (dit is indien jy ‘n kwalifiserende bydraer is). Daardeur kan jy 66% van jou salaris ontvang, onderhewig aan die standaard beperking op die verdiendstebedrag.

En ‘n nota aan werkgewers: indien jy dit nie alreeds gedoen het nie, verkry nou advies oor die hersiening van jou beleid oor kraam- en ouerlike verlof.